|
Gedragskode vir Nooitgedachtertelers
As telers en ruiters van Nooitgedachter perde aanvaar ons dat, met die plesier wat ons perde aan ons verskaf, daar ook 'n groot verantwoordelikheid op ons rus om ons perde na die beste van ons vermoë te versorg en veilig te hou. Ons onderneem om ons perde te alle tye volgens die internasionaal-aanvaarde riglyne wat in die sogenaamde "Five Freedoms" vervat is, te hanteer.
Hier vyf punte is naamlik:
1. Vryheid van honger, dors en wanvoeding
2. Vryheid van fisiese en klimaatsongemak
3. Vryheid van pyn, beserings en siekte
4. Vryheid om sover moontlik normale perdegedrag te kan openbaar
5. Vryheid van angs en benoudheid
Verder onderneem ons die volgende:
- Dat ons ons perde te alle tye onder veilige omstandighede sal aanhou
- Dat ons perde nie aan onhigiëniese toestande blootgestel sal wees nie
- Dat ons, wanneer nodig, betyds ordentlike mediese hulp sal inroep
- Dat ons perde te alle tye toegang tot voldoende ruimte sal hê om in te beweeg
- Dat ons perde nooit 'n gebrek aan kos en water sal ervaar nie
- Dat die saaltuig wat ons gebruik te alle tye sal pas en korrek gestel is vir elke individuele perd
- Dat ons afrigtingsmetodes op die beginsel van drukverligting, en nie geweld nie, gebasseer sal wees
- Dat die afrigtingsfasiliteite van so 'n aard sal wees dat dit nie die perd onnodig in gevaar stel nie
- Dat ons te alle tye maatreëls sal tref om ons perde van beserings te beskerm
- Dat ons perde die reg op menslike behandeling het
- Dat, as die tyd kom, ons die verantwoordelikheid sal neem om ons perde vinnig en menslik uit hull ellende te verlos.
|