| Dwasdouw |
DWASDOUW NOOITGEDACHTER STOET
SP Stoethings Studvet Maximus, seun van Pretman Tornado en SP merrie Studvet Maxie.
Studvet Maximus
Drie SP susters en dogters van Ubi-Cras Vlam en Gillroy Cotton Candy.
SP Merrie Dwasdouw Candy – dogter van Maximus by SP merrie Dwasdouw Hazel.
Dwasdouw Hazel met haar hingsvul, Dwasdouw Tornado by Maximus.
Hazel en vul Tornado
Geskiedenis van Dwasdouw Nooitgedachter Stoetery. Die Dwasdouw Nooitgegachter stoet naby Niewoudtville in die Noord-Kaap is gedurende 2006 deur Mnr. H.H. Spangenberg begin met die aankoop van die voormalige SA Kampioen hings Ubi-Cras Vlam, Seun van Patroon (Poepies) en die F3 merrie Gillroy-Cotton Candy, dogter van Nooitgedacht Logan. Voor Vlam se dood in 2008 is drie merrie-vullens uit hom geteel. n Jong hingsvul Studvet Maximus, seun van Pretman Tornado (Sultan bloedlyn) is gedurende 2007 van Onderstepoort aangekoop en word sedertdien as stoethings gebruik. Hy is gedurende Januarie 2010 as SP hings gekeur en is tans 4 jaar oud. Dwasdouw Stoet se doelwit is om geharde perde met goeie temperament uit die Patroon, Logan en Sultan bloedlyne te teel.
|








